Geskiedenis

Dr. S J Adonis

Principal

Swellendam Sekondêr se nederige ontstaan begin op dieselde skoolgrond as Bontebok Primer. Die skool begin April 1983 instede van Januarie 1983 as gevolg van omstandighede.

Onder leiding van Mr. W. Hart, funksioneer die skool met sy eie rooster as Swellendam Sekondêr, in die eerste blok van Bontebok Primer, met sy eie sekretaresse. Die sekretaresse van dese was die ouer van Juffrou Lombard wat op hede ‘n onderwyseres is te Swellendam Sekondêr.

Op 29 April 1993 open Swellendam Sekondêr met sy volledige skoolgebou, met ‘n leerdertal van min of meer 580, wat strek van standerd 5-10 met karige meubels en net groen borde.

Nuwe uitdaging het begin om struktuur te aan die skool te gee. Alles moes aangekoop word,  van plakkate tot handboeke om sodoende klasse en die skool leefbaar te maak. In daardie jaar is kompetisies geloods om die skool se wapen, kleure en en die naam van die skoolkoerant te bepaal. Noël Muller, een van die, leerders, het die kompetisie gewen. Die skoolkleure was ook vasgestel op grys en swart. Celeste Kellies het die kompetisie gewen toe sy die koerant as die “Stewertjie’ doop.

Die eerste Matrieks in 1985 het ‘n 100% slaagsyfer behaal, en kon tot op hede nie geëwenaar word nie.

Mr. W. Hart het 2 jaar die hoofpos beklee en is opgevolg deur Mr. Dawie Seroot.

Kompetisies het die skool se fondasie gebou, en daardie nederige begin gaan die skool van krag tot krag.