CRedo
Ons, as onderwysers van
Swellendam Sekondêr
Strewe daarna om
Elke leerder holisties op te voed ten einde ‘n verantwoordelike burger van die land te wees.
Elke leerder bewus te maak dat hy / sy die verantwoordelikheid vir sy / haar keuses en eie lewe moet aanvaar.
By elke leerder gesonde waardes te kweek en beginsels aan te leer wat ‘n suksesvolle en gelukkige toekoms sal verseker.
By leerders in te skerp en te lei tot uitmuntendheid in
Akademiese vordering
Kulturele sensitiwiteit
Menslike bevoegdheid
Doelgerigte uitsette
Fisiese / Liggaamlike Ontwikkeling
Skooltrots en skooltradisie te vestig.
‘n Akademiese atmosfeer daar te stel waar onderrig ‘n aangename ervarining vir almal is
Aan leerders kwaliteit onderrig te gee en vaardighede aan te leer binne ‘n voorgestelde kurrikulum.
Die fokusareas wat deur die nasionale-en provinsiale onderwys departement daargestel is, suksesvolle na te streef.