‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Die visie van Swellendam Sekonder sluit in dat opvoeding ondersteun word deur ‘n uitnemende buitemuurse sportprogram. Deelname asook blootstelling aan die opwinding van kompeterende sport is vir ons belangrik.
Die sportdoelwitte by Swellendam Sekonder is die volgende:
Maksimale deelname
Vaardigheidsontwikkeling vir alle leerders
Kundige en entoesiastiese afrigters
Gesondekompetisie oor ‘n wye front
Talentontginning
Prestasie is nie ’n maatstaf op sigself nie, maar moet die gevolg van suksesvolle toepassing van bogenoemde wees
Uitnemende sportfasiliteite
Die skool bied tans die volgende sportkodes aan: (die skoolprogram laat toe dat leerders aan meer as een sportkode per seisoen kandeelneem)
Somer Sport
Atletiek
Krieket
Wintersport
Rugby
Netbal
Die rugby-missie is nie net om goeie rugby spelers te ontwikkel nie, maar ook om seuns voor te berei vir die lewe. Daar word gestrewe om hoë gehalte afrigting by Swellendam Sekonder te bied en kwaliteit afrigters betrokke te maak. Rugbyspelers kompeteer om Boland kleure te verwerf.
By Swellendam Sekonder is netbal lekker!
Ons afrigters is net so lief vir netbal as wat ons spelers is. Hulle stap ook die ekstra myl vir hul spanne. Wen is nie die belangrikste nie, maar eerder die ontwikkeling van vaardighede om elke dogter die speler wat sy kan wees, te maak.
Ons woon gereeld netbalkursusse by en gaan op netbalkampe.